Grane-Lee Fortuin:
Grane-Lee Fortuin (11) is die jongste lid van Fit2Run. Sy is ‘n skander leerder aan Esselen Park Primere skool in Graad 5.
Sy het sover al 3 die landloopitems vir Dogter 11 gewen. Op die volgende byeenkomste.
1. Hoerskool Breerivier – 7 Mei 2022.2. Worcester Kleinplasie – 14 Mei 2022.3. Worcester Noord Laerskool – 21 Mei 2022.
Sy het ook vanjaar (2022) die Boland Laerskole verteenwoordig op Dal Josaphat in die Paarl in die 1200m vir D11.
Beslis ‘n atleet met baie talent en dissipline.


Emelia Fortuin:
Emelia Fortuin (14) is die oudste Fortuin-suster in die Fit2Run familie. Emelia is ‘n toegewyde leerder aan HTS Drostdy in Worcester in Graad 8.
Sy is tans onoorwonne in al die landloopligas in Noord-Boland.
Sy het die volgende byeenkomste sover gewen.
1. Hoerskool Breerivier – 7 Mei 2022.2. Worcester Kleinplasie – 14 Mei 2022.3. Worcester Noord Laerskool – 21 Mei 2022.
Sy het ook vanjaar (2022) die Boland- Federasie en skole verteenwoordig.
Sy het die Weskaap met onderskeiding in Germiston verteenwoordig in die 3000m en 1500m.
Sy het ook die Boland Federasie in Potchefstroom in die 1500m Hindernis verteenwoordig vir D15.
Emelia het I blink toekoms voor haar.
